Twee sterf in botsing in Natalse Midlands

Argieffoto

Argieffoto

Twee mense is Vrydag in die KwaZulu-Natalse Midlands-gebied dood nadat ʼn voertuig ʼn voetganger getref het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het op die R56-pad buite Thornville plaasgevind.

“ʼn Voertuig met twee mense het die pad verlaat en die voetganger getref, waarna die voertuig omgeslaan het,” het Botha gesê. Die voetganger en een van die mense is op die toneel dood verklaar. “Die ander pasiënt het ernstige beserings opgedoen. Die man is op die toneel gestabiliseer en na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.