Twee sterf in botsing

iStock_000015602916XSmall91-320x212Twee mense is Saterdagaand dood nadat hulle motor teen ʼn vragmotor gebots het in Magaliesburg in Noordwes.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die botsing het Saterdagaand op die R509 plaasgevind. Botha sê ʼn man en vrou is op die toneel dood verklaar. “Nog ʼn manlike passasier is kritiek beseer.” Botha sê die man is op die toneel behandel voor hy per helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg geneem is. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.