Twee sterf by Ystermankompetisie

Atlete spring weg by die Ystermankompetisie in Florida, Amerika

Twee atlete is Sondag dood tydens die Spec-Savers Ystermankompetisie in Oos-Londen.

Die twee mans, onderskeidelik 29 en 37 jaar oud, het tydens die swemgedeelte asemhalingsprobleme ondervind en moes na ‘n hospitaal geneem word, berig EWN. Keith Bowler, besturende direkteur van die geleentheid, het gesê die twee mans is by die St Dominic’s-hospitaal oorlede, vermoedelik aan ‘n hartaanval. John Fobian, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het gesê beamptes sal die voorval ondersoek. Hy sê hulle is nie seker wat presies gebeur het nie, maar bewyse word versamel en die atlete se naasbestaandes moet nog in kennis gestel word.

Bykans 3 000 atlete van 30 verskillende lande neem aan die kompetisie deel. Atlete moet 1.9km ver swem, 90km fietsry en ‘n half marathon hardloop. Die kompetisie duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.