Twee sterf in Ballito-botsing

Foto: Netcare911

Twee mense is dood en vyf ernstig beseer nadat ʼn voertuig Sondag op die R27-pad naby Ballito gerol het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die bestuurder van die voertuig het beheer oor die voertuig verloor waarna dit begin rol het. Dit het teen ʼn paal langs die pad tot stilstand gekom.

“Toe paramedici op die toneel kom was van die pasiënte steeds in die voertuig vasgekeer en brandweerbeamptes moes hulle uit die voertuig sny. Twee mense is op die toneel dood verklaar en die ander is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verderde behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.