Twee sterf in BFN-botsing

Twee mense is Sondag dood en 17 ander beseer tydens ʼn ongeluk naby Bloemfontein.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het op die N6 sowat 40km buite die stad plaasgevind.

“ʼn Taxi-bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en dit het verskeie kere gerol en op sy kant tot stilstand gekom,” het Botha gesê.

Twee vroue is dood voor paramedici op die toneel gekom het. Een persoon het kritieke beserings opgedoen en nege is ernstig beseer. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. “Sewe passasiers het met geringe beserings weggekom,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.