Twee sterf in Bloem-ongeluk

ʼn Man en vrou is dood en twee ander beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het Saterdag in die vroeë oggendure naby Bloemfontein gerol het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het omstreeks 01:00 op die N6 plaasgevind.

“Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor. Dit het verskeie kere gerol en langs die pad op sy dak tot stilstand gekom. Twee van die vier insittendes is uit die voertuig geslinger en is op die toneel dood verklaar,” het Jackson gesê.

Die ander twee mans kon self uit die voertuig klim en het geringe beserings opgedoen. Hulle is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere ondersoek en behandeling.

Al vier slagoffers is tussen die ouderdom van 40 en 50 jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.