Twee sterf in Cullinan-botsing

Foto: ER24

Twee mense is Sondag dood nadat die motor waarin hulle gery het ʼn boom getref het op die N4 tussen Cullinan en Donkerhoek.

Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê die voertuig het die pad verlaat en teen ʼn boom gebots. Banks sê die vyf insittendes was in die wrak vasgekeer en moes met meganiese toerusting bevry word. Twee van die insittendes is op die toneel dood verklaar. Die ander drie insittendes het verskeie beenbreuke en moontlike interne beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk is onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.