Twee sterf in gru-ongeluk buite Polokwane

Foto: ER24

Twee mense is Dinsdagaand dood in ʼn gru-ongeluk op die R101 buite Polokwane in Limpopo.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê ʼn Toyota Tazz en ʼn Mazda Drifter bakkie het reg van voor gebots sowat 20km buite Polokwane. Jackson sê ʼn man en ʼn vrou in die Toyota Tazz is op die toneel dood. Sy sê die ander twee insittende in die Tazz is ernstig beseer. Hulle moes met meganiese toerusting uit die wrak gesny word. Die twee insittendes in die Drifter is lig beseer en is saam met die twee insittendes van die Tazz na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.