Twee sterf in JHB

Twee mense is Donderdag in Johannesburg dood nadat ʼn bestuurder van ʼn taxi beheer oor die voertuig verloor het.

Robert Mulaudzi, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, sê die taxi het die pad verlaat en teen ʼn boom langs Nasrecweg gebots. “Twee mans is op die toneel dood verklaar en ses ander passasiers is na nabygeleë hospitale geneem met ernstige beserings,” het Mulaudzi gesê. Geen ander voertuie was in die botsing betrokke nie. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.