Twee sterf in Kaapstad-brande

Twee mense is dood en talle mense is dakloos gelaat na vier brande oor die naweek in Kaapstad uitgebreek het.

Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van Kaapstad se rampbestuur, sê ʼn man is vroeg Sondagoggend dood in die TR-seksie in Khayelitsha toe ʼn brand 12 hutte vernietig het. Saterdagaand is ʼn man dood nadat ʼn brand in P747 Xhala Crescent in Khayelitsha uitgebreek het en drie hutte vernietig het. Daar was ook ʼn brand in LP-seksie in Khayelitsha waartydens 26 hutte vernietig is. Niemand is tydens die brand beseer nie. Die ander brand het Saterdagaand in Milnerton uitgebreek. Solomons-Johannes sê die mense wat dakloos gelaat is, word bygestaan met voedsel en ander benodighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.