“Die vrou en die seun het op die agterste sitplek van die luikrugmotor gesit,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê. Die bestuurder en haar passasiers was op pad na Johannesburg en het stadiger begin ry weens ‘n stilstaande voertuig in een van die middelbane op die snelweg. ‘n Bakkie met twee insittendes het in die luikrugmotor vasgery. “Die bakkie kon nie betyds uitswaai nie en het agterin die luikrugmotor vasgery,” het Jackson gesê. Die bakkie het omgeslaan en die luikrugmotor is erg beskadig. “Die vrou, in haar 40s, en seun wat op die agterste sitplek gesit het, is noodlottig beseer.”
Vyf mense is vir matige tot ernstige beserings by die Sunninghill-hospitaal behandel.