Twee sterf in ongeluk op N1

Foto: @gavine2009 op Twitter

‘n Vrou en ‘n 10-jarige seun is Sondagaand op die N1 naby die Buccleuch-wisselaar in Johannesburg dood toe ‘n bakkie in hul voertuig vasgejaag het.

“Die vrou en die seun het op die agterste sitplek van die luikrugmotor gesit,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê. Die bestuurder en haar passasiers was op pad na Johannesburg en het stadiger begin ry weens ‘n stilstaande voertuig in een van die middelbane op die snelweg. ‘n Bakkie met twee insittendes het in die luikrugmotor vasgery. “Die bakkie kon nie betyds uitswaai nie en het agterin die luikrugmotor vasgery,” het Jackson gesê. Die bakkie het omgeslaan en die luikrugmotor is erg beskadig. “Die vrou, in haar 40s, en seun wat op die agterste sitplek gesit het, is noodlottig beseer.”

Vyf mense is vir matige tot ernstige beserings by die Sunninghill-hospitaal behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.