Twee sterf in Phalaborwa-vliegtuigongeluk

Argieffoto

Twee mans is dood toe hul ligte tweesitplekvliegtuig Dinsdagoggend in Phalaborwa, Limpopo neergestort het.

“Jan Horn (42) en Hebert Hancke (60) het Dinsdagoggend by die Phalaborwa-vliegveld opgestyg en hul vliegtuig het kort daarna neergestort,” het lt.kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die vliegtuig het dadelik aan die brand geslaan.”

Die burgerlike lugvaartowerheid ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.