Twee sterf in Vrystaat-botsing

Foto: @ecsd_tech/Twitter

Twee mense is dood en een persoon is beseer na ʼn motor en ʼn vragmotor Saterdag op die N3 buite Warden in die Vrystaat gebots het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die beseerde persoon is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Steinmann sê dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie. Verkeer is tydelik ontwrig. Die polisie ondersoek die saak. Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.