Twee sterf in JHB-botsing

Argieffoto.

Argieffoto.

Twee mense is dood en 13 beseer nadat ʼn minibustaxi en ʼn voertuig Maandagoggend in Nasrec, suid van Johannesburg, gebots het.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die voertuig het omstreeks 06:00 vermoedelik ʼn U-draai op die Soweto-hoofweg, oorkant die FNB-stadion, gemaak. “ʼn Man en ʼn vrou, wat passasiers was in die taxi, is dood, en 13 ander mense is met verskeie beserings is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.