Twee sterf in Klerksdorp-brand

Argieffoto

Argieffoto

‘n Bejaarde vrou en ʼn 13-jarige seun is dood nadat ʼn brand in hul huis in Klerksdorp, Noordwes, ontstaan het.

“Die seun is aanvanklik uit die brandende huis gered en is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar hy aan sy wonde beswyk het,” het Christo Venter, ʼn woordvoerder van ER24, Donderdag gesê. Hy het gesê daar was nog twee mense in die huis wat die vlammehel kon ontvlug.

“Die ma en ʼn jong dogtertjie het die nagmerrie oorleef. Hulle is vir rookinaseming behandel en is na die Anncron-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.