Twee mense is dood en talle beseer nadat ʼn minibustaxi Sondagaand in KwaZulu-Natal teen ʼn skuinste af gery en op ʼn treinspoor tot stilstand gekom het, waarna ʼn trein dit getref het.
“Die ongeluk het op die N2-snelweg naby die Shaka’s Rock-afrit plaasgevind,” het Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, Maandag gesê. “Twee mense is in die botsing dood, twee mense is kritiek beseer en 16 mense het ernstige beserings opgedoen.”
Die mense wat beseer is, is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die polisie ondersoek die voorval.
Waarom het die taxi teen ‘n skuinste afgery, gaan hy aangekla word van moord?
Was hy, die bestuurder nugter ? Verwyder hierdie Slagters!!! van die padnetwerk.
Hoekom?
Hoekom vra jy, kyk na die statistiek, minibus taxis is verantwoordelik vir 90% van die slagtings op ons paaie, ” Daarom”