Twee sterf na bakkie teen boom bots

Foto: ER24

Twee mans is Sondagoggend dood nadat hulle bakkie teen ʼn boom gebots het in Krugersdorp.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê die bestuurder van die bakkie het glo beheer verloor. Jackson sê twee van die drie insittendes is op die toneel dood. Sy sê die derde insittende is beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die twee oorledenes is glo in hulle vroeë twintigs. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.