Twee sterf na hulle glo resies jaag

Twee mans is Donderdag in die vroeë oggendure dood nadat hulle glo resies gejaag het in Rachel de Beer straat in Pretoria-Noord.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê volgens ooggetuies het vier motors resies gejaag in Rachel de Beer straat en glo oor rooi verkeersligte gery. Die bestuurder van die een van die voertuie het glo beheer verloor om ʼn draai en teen ʼn hoë spoed teen ʼn boom gebots. Wicks sê die bakkie is om die boom gevou en beide die bestuurder en passasier is op slag dood. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.