Twee mans is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Donderdag in Matibidi in Mpumalanga neergestort het.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê die vliegtuig het in ʼn veld naby die Bourke’s Luck-spoelgate neergestort. Vermaak sê die twee mans het reeds aan hul beserings beswyk toe ʼn helikopter van die departement van gesondheid by die toneel aangekom het. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê hulle ondersoek die ongeluk.