Twee sterf na motor in huis in ploeg

Twee mense is dood en twee ander is beseer nadat hul motor Sondagoggend by ‘n huis in Mitchells Plein ingeploeg het.

ʼn Woordvoerder van Kaapstad se rampbestuur, Wilfred Solomons-Johannes, sê volgens ‘n ooggetuie het die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en die huis se muur getref en teen die motorhuis gebots. Die 20-jarige bestuurder en ‘n 32-jarige vrou is op die toneel dood. “Die ander twee insittendes, twee mans in hul laat twintigs, is eers op die toneel vir hul beserings behandel voordat hulle na Grootte Schuur-hospitaal vir verdere mediese behandeling geneem is. Daar word beweer dat die bestuurder van die voertuig roekeloos bestuur en glo resies gejaag het,” het Solomons-Johannes gesê. Die drie mense in huis is nie beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.