Twee sterf ná taxi teen stilstaande swaarvoertuig bots

Foto: ER24

Twee mense is dood en verskeie beseer nadat ʼn taxi Maandagmiddag teen ʼn stilstaande swaarvoertuig op die N1-deurpad naby Midrand vasgery het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die botsing het omstreeks 15:00 naby die Samrand-afrit plaasgevind.

“Die swaarvoertuig was onklaar en het aan die kant van die pad gestaan. Dit is nie bekend hoekom die taxi dáár teen die swaarvoertuig vasgery het nie. Die impak het veroorsaak dat die taxi in twee skeur en verskeie passasiers is uit die taxi geslinger,” het Jackson gesê. “Die taxi-bestuurder en ʼn passasier wat agter hom gesit het, is op die toneel dood verklaar.”

Twee passasiers is in ʼn kritieke toestand met ʼn helikopter na die Steve Biko-hospitaal geneem. ʼn Verdere nege passasiers is vir verskeie beserings behandel en is met ʼn ambulans na nabygeleë hospitale geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

marin ·

Heel waarskynlik omdat die Taxi’s mos altyd aan die linkerkant van die pad in die noodbaan (geelstreep) verby jaag.
Hul jaag gereeld by stilstaande en stadige verkeer aan die linkerkant verby en sny sommer net weer in soos hul wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.