Twee sterf ná vliegtuig in Centurion neerstort

Die foto is deur die gebruiker @Abramjee op Twitter gelaai.

Twee mense is dood en drie beseer nadat ʼn ligte vliegtuig Woensdagaand op die R55 naby die Swartkop-renbaan in Pretoria neergestort het.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê die vliegtuig het glo vroeër van ʼn opleidingskool in die omgewing opgestyg voor dit neergestort het. Jackson sê toe paramedici op die toneel opgedaag het, het wrakstukke van die vliegtuig oor die pad gelê. Sy sê die vliegtuig het teen ‘n motor gebots toe dit neergestort het. Die drie insittendes in die motor is lig beseer. Die twee mans in die vliegtuig is op die toneel dood. Verkeer is erg vertraag. Die burgerlugvaartowerheid sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.