Twee sterf ná voertuig koei tref

ER24-Gavin-Edwards-@gavine2009-320x2121Twee mense is dood toe hul voertuig Dinsdag ʼn koei buite Kuruman in die Noord-Kaap getref het.

Christo Venter, ʼn woordvoerder van ER24, het Woensdag gesê die ongeluk het op die R31-pad sowat 10km vanaf Danielskuil plaasgevind.

“ʼn Man in sy 40s en ʼn vrou in haar 30s het in ‘n luikrugvoertuig gery toe hulle die koei getref het,” het Venter gesê. “Die voertuig het omgeslaan weens die impak van die botsing. Dit het sowat 400m verder tot stilstand gekom.”

Die man en vrou is op die toneel dood verklaar. Die koei is ook dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae