Twee mense is dood toe hul voertuig Dinsdag ʼn koei buite Kuruman in die Noord-Kaap getref het.
Christo Venter, ʼn woordvoerder van ER24, het Woensdag gesê die ongeluk het op die R31-pad sowat 10km vanaf Danielskuil plaasgevind.
“ʼn Man in sy 40s en ʼn vrou in haar 30s het in ‘n luikrugvoertuig gery toe hulle die koei getref het,” het Venter gesê. “Die voertuig het omgeslaan weens die impak van die botsing. Dit het sowat 400m verder tot stilstand gekom.”
Die man en vrou is op die toneel dood verklaar. Die koei is ook dood.