Twee sterf ná voertuig lamppaal tref

Twee mans is Vrydag dood nadat die voertuig waarin hulle gery het, teen ʼn lamppaal op die N3-deurpad naby Durban gebots het.

“Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en net voor die Warwickweg-afrit teen ʼn lamppaal gebots,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, gesê. Die bestuurder is glo met die impak van die ongeluk uit die voertuig geslinger. Die passasier was in die wrak vasgekeer en moes uitgesny word. Albei is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.