Twee sterf ná voertuig teen boom bots

netcare911

Argieffoto

Twee mense is dood toe hul voertuig Vrydagoggend vin die vroeë oggendure teen ʼn boom in Hatfield, Pretoria, gebots het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 01:00 in Gordonweg plaasgevind.

“Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en teen ʼn boom langs die pad gebots. Die polisie ondersoek die ongeluk,” het Botha gesê.

ʼn Vrou is op die toneel dood verklaar en ʼn man het, kort nadat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is, aan sy beserings beswyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trippie ·

… en sopas het ek verneem dat my buurman se (onverantwoordelike seun van 23 met sy skoolgaande suster – Std. 9) ook sy voertuig (van skaars 2 maande) EN OOK in Hatfield, om 3 uur vanoggend afgeskryf het. Die jongman het reeds in sy Std. 9 jaar, weens DRANK die gebruik van sy bene verloor !

Willy ·

Wil maar nie leer nie né Trippie? So iemand moet homself maar liewer afskryf.

Naal de Koker ·

Om 3 uur in die oggend ? DRANK definitief betrokke, en beheer verloor jy net as jy te VINNIG RY!!

Willy ·

Ek het verneem hierdie was twee polisiebeamptes. Op of af diens?

Jacoba ·

Gaan mense nooıt leer nıe as jy drınk moet nıe bestuur nıe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.