Twee sterf na vragmotor muur tref

Foto: @MashambaG5/Twitter

Foto: @MashambaG5/Twitter

Twee mans is dood en een ernstig beseer nadat ʼn vragmotor buite beheer geraak en in ʼn muur in Auckland Park, Johannesburg ingeploeg het.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, sê twee mans is op die toneel dood verklaar ná ʼn twee uur lange reddingspoging. Die insittendes moes met meganiese toerusting uit die wrak gehaal word. Hy sê ʼn derde man het kop- en rugbeserings opgedoen en is na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Mulaudzi sê die bestuurder van die vragmotor het beheer verloor op die hoek van Kingsway- en Henleyweg waarna die vragmotor in ʼn muur van die Johannesburgse buiteklub ingeploeg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.