Twee sterf op Grasmere-pad

Twee mans is Donderdagoggend dood ná ʼn kop-teen-kop-botsing op die Grasmere-pad naby Eikenhof, Gauteng.

Volgens Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, is die twee voertuie erg beskadig. Die twee motoriste het in die botsing omgekom en is op die toneel dood verklaar. “ʼn Man en ʼn vrou, wat albei passasiers in die onderskeie voertuie was, het die botsing oorleef. Hulle is op die toneel vir matige beserings behandel en na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Jackson sê dit is nie bekend wie die ongeluk veroorsaak het nie. Die polisie sal die saak verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.