Twee mans is dood ná ʼn skietery Sondagaand in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 19:00 in Weststraat plaasgevind.
Die twee mans was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die slagoffers is op die grond aangetref.
Die polisie ondersoek die voorval.