Twee sterf in PMB-skietery

ambulansTwee mans is dood ná ʼn skietery Sondagaand in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 19:00 in Weststraat plaasgevind.

Die twee mans was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die slagoffers is op die grond aangetref.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.