Twee sterf, ses beseer in Kaapstad-ongeluk

Foto: ER24

Twee mense is Vrydagaand dood en ses beseer in ʼn ongeluk in Epping in Kaapstad.

Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, sê die bestuurder het glo beheer verloor oor die voertuig waarna dit verskeie kere gerol het. Jackson sê een van die insittendes is op slag dood terwyl ʼn ander later op die toneel aan sy beserings beswyk het. Volgens Jackson het drie van die insittendes ligte beserings opgedoen. “Die ander drie insittendes is ernstig beseer en is na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere behandeling.” Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.