Twee sterf, talle beseer na busongeluk

Twee mense is Dinsdag dood en 36 ander beseer toe ‘n bus in ‘n huis in Soweto ingeploeg het.

ʼn Woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, Synock Matobako, sê die bestuurder van die bus het glo beheer verloor, teen ʼn ander motor gebots en in die huis in Braamfischerville in Dobsonville ingeploeg het. “Die paartjie wat in die huis geslaap het, is dood,” het Matobako gesê. Die beseerde mense is na hospitale in die omgewing geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.