Twee sterf toe kar boom tref

Screen Shot 2013-11-02 at 8.42.11 AMTwee jong mans is Saterdagoggend omstreeks 05:45 in Phoenix naby Umhlanga in KwaZulu-Natal dood toe hul voertuig ‘n boom getref het.

“Die mans, in hul 20s, het op die R102 in die rigting van Phoenix gery toe hulle vermoedelik beheer oor die voertuig verloor en ‘n boom getref het,” het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare911, gesê.

Paramedici het die twee mans in die wrak opgespoor. Hulle was vasgekeer. Brandbestryders het meer as twee ure lank gespook om die beseerdes uit te kry.

“Hulle het altwee ongelukkig op die toneel aan hul beserings beswyk,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.