Twee jong mans is Saterdagoggend omstreeks 05:45 in Phoenix naby Umhlanga in KwaZulu-Natal dood toe hul voertuig ‘n boom getref het.
“Die mans, in hul 20s, het op die R102 in die rigting van Phoenix gery toe hulle vermoedelik beheer oor die voertuig verloor en ‘n boom getref het,” het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare911, gesê.
Paramedici het die twee mans in die wrak opgespoor. Hulle was vasgekeer. Brandbestryders het meer as twee ure lank gespook om die beseerdes uit te kry.
“Hulle het altwee ongelukkig op die toneel aan hul beserings beswyk,” het Botha gesê.
Oeeee spoed jy vieslike ding!
En Brandewyn het ook nie brieke nie.