Twee sterf toe konstruksievoertuig rol

Argieffoto

Twee mans is dood nadat ʼn konstruksievoertuig Maandag naby Clanwilliam in die Wes-Kaap gerol het.

Keri Davids, ʼn woordvoerder van die Wes-Kaapse nooddienste, sê die swaarvoertuig het die N7-pad verlaat waarna dit vir omtrent 30 meter teen ʼn steil helling afgerol en aan die brand geslaan het.

“Een man is uit die voertuig geslinger. Sy liggaam is buite die brandende swaarvoertuig gevind. Die ander man se liggaam is die wrak gevind,” het Davids gesê.

Dit is nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.