Twee sterf toe motor in rivier beland

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is Sondag dood nadat hul motor in die Amanzimtoti-rivier in KwaZulu-Natal gestort het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die motor het noordwaarts op die N2 gery toe dit die pad verlaat het, deur die padrelings gebars het en sowat 20m ver tot in die rivier geval het. Botha sê die motor het onderstebo in die rivier beland met twee mense wat in die motor vasgekeer was. Hulle is op die toneel dood verklaar. Volgens ER24 is die oorledenes ‘n man en vrou albei in hul 50’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.