Twee sterf toe trein voertuig tref

Argieffoto

Twee mans is Vrydagoggend dood toe ʼn trein teen hul voertuig in Tarlton, Krugersdorp, in Gauteng gebots het.

“Die trein het die mans se ligte afleweringsvoertuig by ʼn treinspoorkruising getref. Die mans is op slag dood,” het Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911 gesê.

Meer inligting oor die ongeluk is nie in die stadium bekend gemaak nie. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Seg Net ·

Dit was sekerlik boy se kind. Het gesien die spoor lê daar en het gedink die trein is verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.