Twee sterf tydens transitorooftog

Twee veiligheidswagte is Dinsdag deur ʼn groep gewapende mans doodgeskiet tydens ʼn transitorooftog in Witbank.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol Leonard Hlathi, sê die twee veiligheidswagte het pas kontant by ʼn supermark afgehaal en was op pad om die winkel te verlaat toe hulle deur die rowers geskiet is. Hlathi sê twee bokse met ʼn onbekende bedrag geld is gesteel en die rowers het in ʼn roomkleurige BMW 5-reeks gevlug. Die verdagtes is steeds op vrye voet. Die oorledenes is intussen geïdentifiseer as Andreas Abrosius (41) en Paul Mbuyane (34).

Enigiemand met inligting kan ao. David Maboko kontak by 082 780 3847.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.