Twee sterf in vliegongeluk

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee jong mans is dood nadat hulle ligte vliegtuig Sondagoggend by ʼn vliegveld in Klerksdorp, Noordwes neergestort het.

Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, sê die twee mans het Sondagoggend toertjies met die vliegtuig gedoen toe dit sowat 11:00 neergestort het. Die vliegtuig het sowat 500m van waar paramedici toerusting in ʼn helikopter ingelaai het, neegestort. Jackson sê die twee mans was albei in hul laat 20’s. Die oorsaak van die ongeluk sal deur die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.