Twee sterf in vliegtuigongeluk

Die ligte vliegtuig wat geval het. Foto: ER24

Die ligte vliegtuig wat geval het. Foto: ER24

Twee mense is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Woensdag in ʼn suikerrietveld in Richmond naby Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal neergestort het.

“Die vliegtuig het soek geraak kort nadat dit van die Oribi-lughawe in Pietermaritzburg opgestyg het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, Donderdag gesê. “Die span van ER24, die Pietermaritzburg-polisie se soek- en reddingseenheid en die honde-eenheid is ontbied om na die vliegtuig te soek in die gebied waar die vlieënier die laaste keer kontak gemaak het.”

Foto:ER24

Foto:ER24

Die soektog is laat Woensdagaand afgestel weens swak sig wat deur reën en mis veroorsaak is.

Die soektog het Donderdagoggend hervat nadat ʼn ander vlieënier laat weet het dat hy die wrak in die suikerrietveld opgemerk het. Twee mense se liggame is in die wrak aangetref.

Die lugvaartowerheid sal die oorsaak van die ongeluk ondersoek. Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.