Twee sterf, vyf beseer in bendegeweld

Twee mense is dood en vyf is beseer as gevolg van beweerde bendegeweld in Kaapstad oor die naweek.

ʼn 27-jarige man is Vrydagaand vermoedelik deur twee mense buite sy huis in Retreat doodgeskiet, het die Daily Voice Maandag berig. Een van die verdagtes is later die aand in hegtenis geneem.

Volgens die berig is twee vroue en drie mans Saterdagaand in hul huis in Mitchellsplein geskiet. ʼn 30-jarige man is op die toneel dood verklaar. Die vier beseerdes, waaronder ʼn swanger vrou, is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling. Niemand is nog in verband met dié voorval in hegtenis geneem nie.

Dieselfde aand is ʼn man in Tafelsig geskiet en gewond. Kapt. Frederick van Wyk het aan die koerant gesê daar was geen ooggetuies nie en dat niemand nog in verband met die skietery in hegtenis geneem is nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.