Twee mense is Vrydag dood toe hul voertuig op die R30 tussen Brandfort en Bloemfontein gerol het.
“Die bestuurder van ‘n Toyota Venture met agt passasiers het beheer oor die voertuig verloor,” het Ashref Ismail, woordvoerder van die padverkeerbestuurskorporasie, gesê. “Dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar daar was gebreekte bottels oor die pad gestrooi.
Twee passasiers is op die toneel dood en vier ander is in ‘n ernstige toestand na die hospitaal geneem. Ismael het motoriste gewaarsku om nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie en raai motoriste aan om “defensief” te bestuur.