Twee Suid-Afrikaners beseer in Boston-ontploffing

Foto: Twitter

Twee Suid-Afrikaners is onder talle wat beseer is ná twee ontploffings Maandagaand by die eindstreep van die Boston-marathon in Amerika.

Clayson Monyela, woordvoerder van departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het aan die SAUK gesê hulle is sover net bewus van twee Suid-Afrikaners wat beseer is. “Na wat ons verneem, word hulle behandel en is daar beraders wat na hulle omsien,” het hy gesê.

Die beseerdes se name is nog nie bekend gemaak nie. Dit is ook nie seker of hulle toeskouers of atlete was nie. Altesaam 28 Suid-Afrikaners het vir vanjaar se Boston-marathon ingeskryf.

Maroela Media het vroeër berig minstens drie mense is dood en meer as ʼn 100 beseer na twee ontploffings gister naby die eindstreep van die Boston-marathon. Dit is intussen bekend gemaak dat ‘n 8-jarige kind een van die is wat gesterf het. Die aantal beseerdes staan tans op sowat 140.

Die ontploffings het gister 21:00 Suid-Afrikaanse tyd plaasgevind. Die eerste ontploffing was glo sowat 25m van die eindstreep terwyl die tweede ontploffing sowat 15 sekondes later en ʼn blok verder plaasgevind het.

Klik hier om foto’s en ʼn video van die ontploffing te sien.

Lees ook:
Video en foto’s: Drie dood, honderde beseer in Boston-bloedbad
Derde ontploffing nie verwant aan Boston-marathon
Boston-marathon: SA’ners wat glo deelneem
Boston-marathon: Derde ontploffing bevestig
Foto’s en video: Ontploffings by Boston-marathon

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.