Twee Suid-Afrikaners sterf in Indonesië heli-ongeluk

Die mynmaatskappy Newcrest Mining Limited het bevestig dat twee van die tien mense wat gister in ʼn helikopter ongeluk dood is in sentraal Indonesië, Suid-Afrikaners was.

Twee van die ander slagoffers was van Asutralië terwyl die ander vier kontrakteurs en twee bemanningslede van Indonesië afkomstig is. Een van die Indonesiërs het die ongeluk oorleef maar het later in die hospitaal aan sy wonde beswyk. Volgens berigte het swaar reën die helikopter laat neerstort kort nadat hy opgestyg het. Newcrest se uitvoerende hoof het in ʼn verklaring sy meegevoel met die oorledenes se families betuig. Hy sê die oorledenes se families is reeds gekontak en die nuus meegedeel. Die name van die oorledenes sal na verwagting later vandag bekendgemaak word. Newcrest is Australië se voorste goudprodusent.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.