Twee tieners verdrink in steengroefdam

Water_surface_lake1-300x225Twee tienerseuns het oor die naweek verdrink nadat hulle in ʼn steengroefdam in Wolmaransstad, Noordwes, gaan swem het.

Volgens sers. Kealeboga Molale, ʼn polisiewoordvoerder, het vier tienerseuns Sondag in die dam gaan swem toe twee van hulle in die moeilikheid beland het. “Die ander twee seuns het hulp ontbied,” het Molale gesê.

Andries Masilo en Adam Mpisa is op die toneel dood verklaar. ʼn Nadoodse ondersoek gaan gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Vir wat gaan hulle na damme toe om te gaan swem? Die munisipale swembaddens is mos nou oop vir hulle? Dom idiote!!!!

En ja, ons swembad is Sondae oop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.