Twee tieners verdrink

Argieffoto

Die liggame van twee 16-jarige seuns is gevind nadat hulle in ʼn rivier in Limpopo verdrink het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, kommunikasiehoof van die polisie in Limpopo, het aan Maroela Media gesê die seuns is sedert Maandag vermis. Hulle wou ʼn rivier naby Munghonghoma, naby Giyani, oorsteek toe hulle deur vloedwater meegesleur is.

“Die polisie moes wag vir die riviervlak om te sak voordat polisieduikers na hulle kon soek. Een kind se liggaam is Woensdag gevind en die ander een Donderdag,” het Mulaudzi gesê.

Steven Mabunda, ʼn woordvoerder van die Giyani-munisipaliteit, het hulle identifiseer as Dance Manyama en Bophelo Sisa. Mabunda het sy medelye vir hul gesinne uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.