Twee ton vleis per dag vir piramidebouers

>Die ongeveer 10 000 werkers aan die Menkaure-piramide op die Giza-plato het elke dag ongeveer twee ton vleis verorber, toon nuwe navorsing

Tog het dit maar sowat die helfte van die 45 tot 50 gram proteïne daagliks voorsien wat die harde werk aan die piramides geverg het. Die balans is verkry uit die eet van vis, lensies, bone en ander kos.

Hulle het voorts ook bier en graan gekry.

Die bouers het in die sowat 35 jaar wat hulle aan die piramide gebou het, elke dag na raming 11 beeste en 37 skape of bokke geëet en is waarskynlik beter gevoed as wat hulle in hul eie dorpies van herkoms gevoed sou wees.

Die woondorp waarin die hoofwerksmag van sowat 10 000 gebly het, is onlangs gevind, asook ‘n massa bene van die vee wat hulle geëet het. Hieronder tel sowat 25 00 bene van skape en bokke, 8 000 van beeste, en ‘n 1 000 van varke.

Die navorsing toon ook dat daar goeie mediese sorg moes wees. Verskeie van die werkers se geraamtes toon beserings soos beenbreuke, maar wat weer genees het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.