Twee TopTV-kanale sluit

TopTV het aangekondig dat twee van sy kanale van Woensdag af nie meer vertoon sal word nie.

Top Movies +24 en Top Junior is die twee kanale wat gekanselleer word. “TopTV is jammer oor die tydsberekening van hierdie verandering, maar weens bedryfsredes moes ons onsself voorberei op ‘n nuwe struktuur van die kanale,” het TopTV Dinsdag gesê. Volgens TopTV is hy in onderhandelings met ‘n voornemende belegger en dat hy verwag om besonderhede van dié ooreenkoms binnekort bekend te maak.

In November verlede jaar het dit aan die lig gekom dat dié betaaltelevisie-platform finansiële probleme ondervind en dat hulle onder ondernemingsredding geplaas is kragtens 129 van die Maatskappywet as ‘n “voorkomingsmaatreël”.

TopTV het in September ‘n aansoek ingedien by Icasa om drie inskrywingsgebaseerde pornografiese kanale uit te saai, maar het voortgegaan sonder Icasa se toestemming nadat hulle ná twee maande, geen reaksie ontvang het nie. Die Johannesburgse hooggeregshof het later bepaal dat TopTV nie dié materiaal mag uitsaai sonder Icasa se toestemming nie. Christelike organisasies het in Desember 2011 ‘n boikot van TopTV, sy adverteerders en borge, beplan nadat die pornografie-plan aangekondig is. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

susan ·

Dit sal goed wees as pornografie op TV gestop word. Verkragting en aanvalle op vroue is reeds erg.

Elize ·

Ons betaal al reeds vir gemors wat nie nodig is nie.Want as jy die Rugby sport kanaal wil he,dan moet jy R625.00 betaal.
Hoekom kan hulle dit nie makliker maak vir Bejaardes nie.
Ons soek net vir Kyknet,Die Diere programme,Mnet en die sport kanaal 201.
Die ander gemors kyk ons nooit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.