Twee transito-rowers by winkelsentrum doodgeskiet

Twee gewapende rowers is Vrydagmiddag by die Gateway-winkelstentrum in Durban doodgeskiet.

Na wat vermoed word, was hulle deel van ʼn groep wat ʼn SBV Services-geldwa by die winkelsentrum wou beroof. ʼn Sekuriteitsbeampte het hulle noodlottig gewond na ʼn skietgeveg tussen die rowers en beamptes uitgebreek het.

Een sekuriteitsbeampte is tydens die voorval met ʼn hammer geslaan en een is in die been geskiet.

Volgens kaptein Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, is dit nog nie bekend hoeveel rowers in die voorval betrokke was nie en of enige geld in die proses geroof is nie.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die twee sekuriteitsbeamptes is na die Umhlanga-hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.